Zoekresultaten
Resultaat 21 - 33 (van 33)
Lea lief uile
AFRIKAANS - Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is 'n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook 'n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Karatekas
AFRIKAANS - «2019»n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na «2019»n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met «2019»n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Die hond met die stert sonder swaai
AFRIKAANS - Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders...
Afrikaans | Tafelberg, * | 2024
Gedrukt boek
Holderstebolder hondepartytjie
AFRIKAANS - Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Harry Potter En Die Towenaar Se Steen
AFRIKAANS - Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy - en almal wat oor hom lees - nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!
Afrikaans | Human & Rousseau, * | 2024
Gedrukt boek
Die groot baba boek
AFRIKAANS - Alle babas is op hul eie manier vir hulle mammas onweerstaanbaar en oulik - of dit nou dierebabatjies of mensbabatjies is. Die vrolike verkenning van allerhande pasgebore diertjies kan 'n heerlike gesprek oor gesinsuitbreiding uitlok. Ook die perfekte geskenk vir iemand wat pas 'n boetie of sussie ryker geword het!
Afrikaans | Protea Boekhuis, * | 2024
Gedrukt boek
Engela Goedhart
AFRIKAANS - Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twan Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by 'n spa-naweek, maar sy's vasbeslote...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Die dodelikste donuts in die heelal
AFRIKAANS - Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wereld! Wat kan tog fout gaan?
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Daar's ’n towerponie in my bed!
AFRIKAANS - Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Cowboy Koekemoer
AFRIKAANS - Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam; Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda; Cowboy Koekemoer van die Klein...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Ben gaan skool toe
AFRIKAANS - Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak â«20AC»¦ Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Ben en die boelies
AFRIKAANS - Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Agent Snoet
AFRIKAANS - Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Die slim Siamees is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek