Zoekresultaten
Resultaat 841 - 851 (van 851)
Maroelaboomstories
AFRIKAANS - Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Karatekas
AFRIKAANS - «2019»n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na «2019»n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met «2019»n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
ZOEM! 'n Oerwoud vol dinosourusse
AFRIKAANS - Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het «2019»n spesiale knoppie wat jou na «2019»n ander plek laat ZOEM! In die tweede storie word Alex, Christiaan en Tjomper teruggeneem na «2019»n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste ...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Holderstebolder hondepartytjie
AFRIKAANS - Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Ouma Hester en die superkomeet
AFRIKAANS - Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by 'n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag...
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Professor Fungus Omnibus
AFRIKAANS - Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, 'n klomp vreesaanjaende visse, 'n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word en beleef 'n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Daar's ’n towerponie in my bed!
AFRIKAANS - Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Dagboek van 'n dork 1
AFRIKAANS - Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy's 'n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself 'n drukkie te gee.
Afrikaans | Human & Rousseau, * | 2025
Gedrukt boek
Ismael Lo Natt
Album